Pinkster

Teks: Handelinge 1:8
“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees…” –
 
Pinkster herinner ons daaraan dat ons nie alleen is nie. God se Gees woon in elke gelowige (Rom. 8:9), werk met ons saam (Joh. 14:16-17) en werk deur ons om sy Koninkryk sigbaar te maak in hierdie wêreld (1 Kor. 12:7). Hierdie drie-voudige samewerking – in, met en deur die Gees – roep ons op tot geloof, gehoorsaamheid en deelnemende dissipelskap.
 
Volgens die Heidelbergse Kategismus (Sondag 20), is dit die Heilige Gees wat “my aan Christus en al sy weldade deel laat hê”. Die Gees bind ons nie net aan God nie, maar ook aan mekaar – as lidmate van Christus se liggaam (1 Kor. 12:13). Dit beteken dat ons geloof nooit net privaat of persoonlik kan wees nie. Ware geloof leef in gemeenskap en beweeg in diensbaarheid.
Die Gees bemagtig ons nie net vir evangelisasie nie, maar ook vir versoening, vir barmhartigheid, vir getroue volharding. Die bekende woorde van Desmond Tutu sluit hierby aan:
“God het ons nie nodig om sy werk te doen nie, maar Hy kies om deur ons te werk – saam, in gemeenskap, as draers van Sy lig.”
 
Kom ons maak ons harte oop tydens hierdie Pinkster. Laat toe dat die Gees in jou werk – en jou hart verander. Laat die Gees met jou werk – om jou karakter te vorm. En laat die Gees deur jou werk – wees God se hande.
 
Gebed:
Here, maak my ingestel op U Gees. Gebruik my in U diens. Laat ek saamwerk met U, en met U kinders, tot eer van U Naam. Amen.
 
Geseënde Pinkster 
Andrè

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...