Volheid
Aan die begin van ‘n splinternuwe jaar is ons harte gevul met ‘n “volheid”, wat soms moeilik is om te verduidelik. Dit is baie soos die “vrede” van die Kersfees boodskap wat ons harte vul met ‘n vrede en ons verstand te bowe gaan. Ek vermoed beide hierdie sake het te doen met dit waaraan ons, ons tyd en energie spandeer.
Baie van ons het oor die Desember vakansie kwaliteit tyd saam met ons gesinne, vriende, familie...onsself en natuurlik God spandeer. Elke klein moment was intensioneel, want ons het die tyd gemaak en moeite gedoen om dit te “hê”. Elke oomblik het betekenis gehad, selfs al was dit om in stilte te sit. Elke oomblik van lag en huil is opgeweeg, en het ons as individue gevul en gevorm.
Ons definisie van vriendskap, en selfs familie, kan verskil. Dit word gevorm deur ons verlede en ons verwagting in die hede met die oog op die toekoms. Tog, na ‘n tyd saam, besef ons telkens: Vriendskap is ‘n geskenk van God. Jou verhouding met jou man, vrou, kinders, familie, vriende, bure en elkeen waarmee jy te doen kry is ‘n geleentheid om ‘n “volheid” te ervaar wat jy nie alleen en self kan bekom nie.
Die Prediker stel dit soos volg:
“Twee vaar beter as een, want hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar weë die een wat val sonder om iemand te hê om hom op te help.” (Prediker 4:9-10)
Voorspoed vir 2025! Mag jy jou geleentheid gebruik om jou lewe te “vul” met betekenis en intensie.
Andrè
Ysterklippe en veldblomme. | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|