Vrede
Teks: Johannes 16:33
"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin."
Tydens die Kerssangdiens in die Middelande, het ons stilgestaan by “Vrede”. Wat beteken die Vrede van Kersfees vir jou...?
Die woord wat die Skrif meestal vir vrede gebruik, is die bekende Hebreeuse woord
"Shalom". Dit is die woord wat vandag nog in baie wêrelddele gebruik word om mekaar te groet en vrede toe te wens. Hierdie woord beteken onder andere om veilig te wees, om voltooi te wees, om vrede te maak, om te gee, te beloon maar ook om te herstel en voorspoed te gee.
Soos die Bybel ‘n ander taal gebruik wanneer daar oor vrede gepraat word, ontwikkel God se kinders 'n ander woordeskat om Sy vrede te vestig. God se kinders maak Sy vrede sigbaar deur Jesus na mense te bring – deur ander te vergewe en vir hulle om te gee. Mense wat saam met ons leef, werk en speel sal God se vrede ervaar, want ons is geroep om Jesus se vrede 'n werklikheid te maak daar waar ons leef.
Ware “Vrede” is nie 'n gevoel, 'n doelwit, of die afwesigheid van iets nie. Vrede is 'n mens – Sy naam is Jesus Christus, die Vredevors. Die Engele lied wat sê
“vrede op aarde” was nie net ‘n pryslied nie, dit was ook ‘n strydlied. Die Engele sing van die tyd wat aangebreek het dat die Verlossing gaan kom, die Vrede was oppad na die aarde toe. Hy sal die vrede bring tussen ons en ons naastes, ons en ons God, vrede wat niemand tot nou toe tot stand kon bring nie. Vrede is nie iets wat Christus vir jou wil "gee" nie, dit is wat Hy vir jou wil wees.
Gebed:
Here, Laat U Vrede oor ons daal. Laat U Vrede ons kalmeer en bestuur. Laat U Vrede ons infiltreer, verander en vul met verwondering vir U verlossing. In Jesus, die Vredevors se naam, bid ek dit, Amen.
Mag die Vrede van Advent, jou lewe vul.
Andrè
Ysterklippe en veldblomme. | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|