Advent.
Teks: Lukas 2:11
“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!”
Advent is 'n tyd van verwagting en voorbereiding, ’n Heilige seisoen waarin ons met dankbaarheid na Betlehem, die Stad van Dawid, kyk. Betlehem, waar Jesus Christus gebore is, is ‘n teken aan ons – dat God se plan vir verlossing in die eenvoud en nederigheid van hierdie klein dorpie ontvou het. In hierdie stil plek het die grootste geskenk aan die mensdom gekom—die geboorte van ons Verlosser.
In Lukas 2:11 lees ons:
“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” Hierdie aankondiging het blydskap gebring vir elkeen wat dit gehoor het! Hierdie woorde bring steeds blydskap en dankbaarheid vir ons, want dit bevestig God se getrouheid aan Sy beloftes. Terwyl ons die kers van dankbaarheid tydens Advent aansteek, kan ons die Here prys vir Sy genade en liefde wat Hy in Jesus aan ons openbaar.
Mag hierdie Advent-seisoen ons harte voorberei om die Koning te ontvang met dieselfde dankbare gees waarmee die herders en wyse manne Hom aanbid het. Betlehem, die Stad van Dawid, getuig dat God groot dinge in eenvoudige plekke kan doen- ook in ons lewens. Kom trek saam op na die Stad van Dawid en ons Kerssangdiens en kom bring aan Hom die hulde wat jy aan Hom wil gee!
Gebed:
Dankie, Here, vir Jesus, die Lig van die wêreld, wat ons hoop gee te midde van enige duisternis. Help ons U stêr te volg, en Sy Lig te skyn op ons weë.
Sien jou Sondag!
Andrè
Ysterklippe en veldblomme. | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|