Dankie.


Teks: 1 Kronieke 29:10-19
11 O Here, die grootheid, krag, glans, roem en majesteit behoort aan U. Ja, alles in die hemel en op aarde is U s’n. Aan U, Here, behoort die leierskap; U is hoër as almal. 12 Van U af kom alle rykdom en eer. U regeer oor alles. U deel mag en krag uit vir wie U wil. U kan enigiemand groot en sterk maak. 13 En nou dank ons U en prys u glansryke Naam,
 
Vrygewigheid is ‘n manier van “dankie” sê. Dit weerspieël ons dankbaarheid vir alles wat God aan ons gegee het. As ons iets kan gee, gaan dit eintlik goed, want ons is geseënd. In 1 Kronieke 29:10-19 erken Dawid nederig dat alles—ons rykdom, hulpbronne en lewens—van God kom. Hy bid: “Want wie is ek, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om so vrygewig te gee? Alles kom van U af, en ons het net gegee wat ons uit u hand ontvang het” (v. 14). Dawid se gebed herinner my en jou daaraan dat ons seëninge nie ons eie is om te hou nie, maar geskenke is om tot God se eer te bestuur en beskikbaar te maak.
 
Om vrygewig te wees, is om God se eie hart na te boots, en te onthou dat ons nooit vir Hom sal kan gee soos Hy gee nie. C.S. Lewis verwoord dit pragtig: "Nothing that you have not given away will ever be really yours." Wanneer ons gee, gee ons aan God terug, en erken ons Hom as die bron van alle seëninge. Daarom is dit ‘n gawe en voorreg dat ons Hom vreugdevol kan dank en met ‘n oop hand gee, om deel te wees van Sy oorvloedige liefde en te getuig van Sy genade.
 
Elke jaar vra ons jou om ‘n Konings-offer bydra tydens die Kerssangdiens te maak– ‘n eenmalige en vrygewige “dankie sê” bydra waarmee ons, ons gemeente se netwerk bedien en versterk. Vandag wil ek jou vra om te kyk na wat die Here aan jou gegee het, en tot Hom te bid vir leiding oor jou vrygewige Koningsoffer hierdie jaar. Jy kan jou bydra maak deur dit oor te betaal in ons Kerk se rekening met jou naam, wyk en “Koningsoffer” as verwysing.(Stuur asb ook 'n e-pos na Marlene by bank@sagemeente.com as jy direk inbetaal). Jy kan ook jou offergawe saambring na die Kerssangdiens waar ons God gaan dank en dien vir Sy teenwoordigheid en liefde.
 

Seënwense,
Andrè


 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...