Vuur.

 
Teks: Daniël 3:25
"Kyk! Ek sien vier manne wat vrylik in die vuur loop, en die vierde lyk soos 'n seun van die gode."
 
Daar is verskeie vorms van lig in ons wêreld. Die son is nodig vir alle lewe op aarde. Die maan en sterre is ‘n refleksie en bevestiging van sy lig. Lig in ons huise is nodig om die donker te verdryf. So is ‘n vuur se vlam nodig om kos voor te berei sodat ons kan lewe. Tog weet ons – net soos vuur kan versorg, kan dit ook vernietig.
 
Die Bybel gebruik dikwels vuur as 'n simbool van God se teenwoordigheid en krag. Daniël 3 herinner ons aan die brandende oond waarin Sadrag, Mesag en Abednego gegooi is. Ondanks die intense hitte het God hulle beskerm. Daniël wil aan elke gelowige bevestig – God is teenwoordigheid, selfs in ons moeilikste tye.
 
Dit is soms baie moeilik om in die vuur van die lewe te staan, en God se teenwoordigheid te sien en te ervaar. In hierdie tye sukkel ons om ons “weg uit” te vind. Tog is dit juis in die hitte van die situasie wanneer ons vir seker kan wees van God se nabyheid. Kyk op en sien Sy Lig, want deur die vlamme sien ander Hom in jou situasie.
 
Gebed:
Here God, dankie vir U getrouheid. Dankie vir die vuur, vlamme en lig waarin ek verseker word van U teenwoordigheid. Laat ander, U in my lewe raaksien. Amen.
  

Seënwense,
Andrè


 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...