Oesfees.

Teks: Matteus 5:14-16

"Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie... Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien
en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.".
 
Oktober is Oesfees-maand, of “Harvest Festival” soos ons dit hier in Engeland leer ken het. Dit is ‘n tyd om God se voorsiening vir ons te vier. Dit is ‘n tyd om stil te staan en die oorvloed van Sy skepping te sien. Dit is ’n tyd om na te dink oor die geskenke wat ons van die aarde ontvang. Dit is ‘n tyd om te oorweeg hoe ons leef in reaksie op God se ruimhartigheid.
 
Jesus leer ons in Matteus 5:14-16 van God se Lig en Oes. Net soos ons dankie sê vir die oes, word ons geroep om as ligdraers te leef en God se liefde en genade aan ander te weerspieël. Die oestyd herinner ons daaraan, dat net soos gewasse sonlig nodig het om te groei, ons die lig van God nodig het om Geestelik te groei en floreer. Dit daag ons uit om ons seëninge te gebruik om ander te seën, om ’n bron van hoop, vriendelikheid en troos in ander se lewens te wees.
 
Die Oesfees is meer as net ’n viering van fisiese oorvloed; dit is ’n geleentheid om ons verbintenis te hernu om as instrumente van God se lig te leef. Deur dit te doen, eer ons die Gewer van alle goeie dinge en weerkaats ons Sy glorie in ’n wêreld wat die warmte van Sy liefde nodig het.
 
Gebed:
Dankie Here vir U Lig. Wil U my lewe verlig. Laat my lewe in U Lig. Lei ander na U Lig.
Amen.
 
Seënwense,
Andrè


 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...