Hemelvaart
Jesus se hemelvaart
Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.” (Handelinge 1: 9-11, AFR1983)
Vir elke Christen is Hemelvaart 'n bron van hoop en versekering. Dit dui op Jesus se volharding en oorwinning oor die sonde, dood en die magte van die duisternis. Soos Hy opgevaar het, het Hy die weg vir ons gebaan om met God versoen te word. Sy hemelvaart verseker ons van Sy voortgesette teenwoordigheid by ons, deur die inwoning van die Heilige Gees, wat ons bemagtig om lewens van getrouheid en gehoorsaamheid te leef.
Hemelvaart herinner en bevestig aan ons, ons uiteindelike bestemming. Net soos Jesus opgevaar het na die hemel, so sal ook diegene wat in Hom glo. Dit dien as 'n baken van hoop, wat ons verseker dat ons eendag by Hom sal aansluit in heerlikheid, waar daar geen pyn, lyding of trane meer sal wees nie. Daarom volhard ons in Geloof met vreugde en uit dankbaarheid.
Hemelvaart gee aan ons die opdrag om Jesus se werk op aarde voort te sit. As Sy volgelinge en dissipels word ons geroep om die Goeie Nuus van Verlossing aan almal te verkondig, dissipels te maak en hulle te doop in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Ons taak is om Sy getuies te wees en Sy liefde en waarheid met 'n gebroke en seer wêreld te deel, totdat Hy in heerlikheid terugkeer.
Jesus Christus se Hemelvaart is ‘n geestelike werklikheid wat steeds ons lewens vandag vorm.
Geseënde Hemelvaart!
Andrè
Ysterklippe en veldblomme. | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|