Die Woord as Waarheid

TEKS:  Johannes 17:1-17
  
Johannes Calvyn verduidelik (in sy eksegese van Johannes 17) dat God se Woord die Waarheid is wat die Kerk en gelowiges skoon was en reinig. Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." Daarom moet Woord en Gees altyd saamgaan.
 
Dit is hierdie karakter van die Woord wat sigbaar moet wees in die lewe en werke van elkeen wat die Woord (en woorde) van God ontvang. Ons moet God se Woord en Waarheid ken en daar volgens handel. Die Waarheid en woorde wat die Gees aan ons bekend maak in Jesus Christus, moet sigbaar wees in jou en my woorde en dade.
 
Mag die Woord van God, die woorde in ons en die oor ons lippe, die Waarheid word in ons lewens.
Andrè
 
Gebed – verwerk uit woorde van Calvyn

Here,
Daar is nie een grashalm, geen kleur in hierdie wêreld wat nie bedoel is om ons bly te maak nie en te getuig van U goedheid nie.
Wil U ons hoop vergroot wanneer dit klein is,
dit wakker te maak wanneer dit dormant is,
dit bevestig wanneer dit wankel,
dit versterk wanneer dit swak is,
en dit op te hef wanneer dit omvergewerp word.
Want aan U behoort en is alles.
Amen.


 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...