Die kleur van sonde

 Teks: Spreuke 29:1-23; Johannes 17:1-5
 
Wat is jou grootste vrees in die lewe? Die afwesigheid van gehoor, mobiliteit, of sig is vir meeste mense vreesaanjaend. Miskien is jou vrees die sinloosheid wat gepaard gaan met ‘n leë of skynbaar doellose lewe. Wat ookal jou vrees is, meeste mense is dit eens dat die negatiwiteit, bekommernis en onsekerheid wat vrees vergesel, ‘n gevaar is.
 
As gelowiges is sonde ons groot gevaar. Dit het die vermoë om ons lewens te vul met onsekerheid en vrees wat ons lewensgroei en -reis tot stilstand kan bring. Sonde maak ons lewe sinloos. Sonde maak ons lewens-wêreld kleurloos, want dit wil God se kleur vir ons lewe verberg.
 
Wanneer God ‘n mens se lewe betree, vul dit met kleur en sinvolheid. Wanneer ons God raaksien, instede daarvan om in die sonde vas te kyk, sien ons Sy genade en liefde. Dit vul ons lewe met helderheid wat God se verlossing in Jesus Christus verstaan. Deur Hom word ons lewens opgekikker en ingekleur om die ongelooflike reis te wees wat Hy dit bedoel het om te wees.
 
Gebed:
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen.
 

Seënwense,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...