God en liefde 

Die God wat die heelal geskep het is Almagtig en Hy het jou persoonlik lief. Hy is lief vir jou. Hy gee om vir jou lewe en wil deel wees daarvan. Selfs al het jy jou hele lewe lank van God af weggehardloop of dinge gedoen waaroor jy spyt is, is Hy steeds lief vir jou en wil Hy in ‘n verhouding met jou wees.
 
Die Bybel is 'n samestelling van die woorde wat God vir mense gegee het, sodat ons meer van Hom kan weet. Die Bybel sê dat God my en jou lief het, ongeag in watter toestand ons lewe ook al is. Die aard van Sy liefde is onvoorwaardelik en oneindig.

God se Woord leer ons dat die grootste gebod waartoe Hy Sy kinders oproep, “liefde” is. God beveel elkeen wat Hom volg en lief het, om mekaar ook lief te hê. Dit is ons grootste uitdaging, want dit is soms moeilik om diegene rondom my “lief te hê”. Maar dit is ook ons grootste seën waarin ons God se hart en hand kan sien en ervaar.
 
Ek wil jou uitnooi om hierdie week in God se liefde te deel, maar ook om dit uit te deel.
 
Seënwense,

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...