'n Bybel vol emosies

  
Aan die begin van ‘n Nuwe Jaar is ons lewens gevul met emosie wat wissel van opgewondenheid tot vrees; liefde tot hartgebrokenheid. Die emosie binne ons, kan gevolglik ‘n radikale impak hê op ons jaar en lewens. Emosie is deel van ons mens-wees, verhoudinge en geloof.
 
Jy hoef nie vêr in die Bybel te soek om talle voorbeelde te vind van mense se sterk emosies wat hulle lewens op sekere paaie, goed en sleg, gelei het nie. Met Adam en Eva het Eva se begeerte om soos God te wees, hul gelei om 'n keuse te maak. Daardie keuse het gelei tot sonde en hulle wegstuur uit Eden. Hierdie besluit is slegs deur Jesus se offer reggestel. Hulle seuns, Kain en Abel, het ook sterk emosies ervaar. Kain se jaloesie oor God se guns teenoor Abel se ware offer het daartoe gelei dat Kain Abel in berekende woede vermoor het. Koning Dawid se lustige begeerte vir die pragtige Batseba het veroorsaak dat nie net 'n onskuldige man gesterf het nie (Batseba se man) maar dat hul eerste kind aan die dood beswyk het. Dit was eers toe koning Dawid besef het hoe hy God mishaag het met sy selfsugtige optrede dat hy waarlik 'n man na God se hart begin word het.
Daar is ook verhale van sterk emosies wat gelei het tot lewensveranderende besluite ten goede. Mordegai se openbare vertoon van hartseer oor die lot van sy volk en Ester se moed om vir die koning van Haman se moorddadige komplot te vertel, is 'n voorbeeld van die gebruik van sterk emosies soos passie en woede tot voordeel van ander en tot eer van God.  Jesus se woede is geopenbaar toe hy die tafels by die tempel omgekeer het, om die mense te wys dat die tempel 'n plek van gebed was, en nie van geldmaak nie.

Seker die roerendste verhaal van hoe sterk emosies 'n persoon kan beïnvloed, kan gevind word in die verhaal van Saulus wat Paulus geword het. Hy het sy reis op die pad na Damaskus begin met ‘n haat vir Jesus en alle Christene. 'n Ontmoeting met die opgestane Verlosser op die pad het daardie haat na liefde verander en daartoe gelei dat Paulus een van die mees geliefde apostels in die Bybel was, asook vandag onder Christene.
                       (gedeeltelike erkenning Blair Parke)
 

Emosies is deel van jou en my lewensreis en verhouding met God. Die uitdaging is om dit tot eer van God aan te wend. Mag jy in 2024 God met oorgawe volg en dien, in elke emosie en situasie.

Voorspoed vir 2024!
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...