Sien die simbole

  
Soos ons van voorbereiding en verwagting na fees-viering beweeg, wil ek jou aanmoedig om te onthou wat ons werklik vier. Laat ons die rede vir Kersfees onthou... laat ons die simboliek van al die versierings onthou, laat ons weet dat al die vieringe.. al die tradisies... al die Kersgebeure rondom Christus gesentreer is.
 
Terwyl jy na die Kersboom kyk, probeer om die simboliek te sien ... ons het Kersbome omdat die suiwer groen kleur van die statige denneboom regdeur die jaar groen bly, wat die ewige hoop van die mensdom uitbeeld.
 
Terwyl jy na die stêr kyk, probeer om die simboliek te sien ... die stêr was lank gelede die hemelse teken wat beloftes inhou. God het 'n Verlosser vir die wêreld belowe, en die stêr was die teken van vervulling van Sy belofte.
 
Terwyl jy na die Advent kerse en die kerse in jou huis kyk, probeer om die simboliek te sien ... dat die kers Christus simboliseer wat die lig van die wêreld is. Wanneer ons hierdie lig sien, word ons herinner aan Hom wat die duisternis verplaas.
 
Terwyl jy na die Kersfees krans kyk, probeer om die simboliek te sien ... dat die krans die ware aard van liefde simboliseer, dat God se liefde vir ons nooit ophou nie.
 
Terwyl jy na 'holly'-blare en 'holly'-bessies kyk, probeer om die simboliek te sien ... dat die 'holly-plant' onsterflikheid verteenwoordig. Dit verteenwoordig die doringkroon wat deur ons Verlosser gedra is, en die rooi van die bessies verteenwoordig Sy bloed wat gestort is.
 
Terwyl jy na die geskenke onder die boom kyk, probeer om die simboliek te sien ... dat God die wêreld so liefgehad het, dat Hy Sy Enige gebore Seun gegee het. Ons dank God vir die grootste Geskenk.
 
Terwyl jy na die 'candy canes' kyk, probeer om die simboliek te sien ... dat die 'candy canes' die herders se staf en haak verteenwoordig. Die staf en haak op die staf help om verdwaalde skape terug te bring na die trop. Net soos Jesus elkeen van ons tot God se kudde herstel.
 
Terwyl jy na die Engel bo-op Kersbome kyk, probeer om die simboliek te sien ... dat dit dieEengele was wat die glorieryke nuus van die Heiland se geboorte aangekondig het, terwyl hulle gesing het: "Eer aan God in die hoogste hemele, vrede op aarde teenoor mense.”
 
Laastens, terwyl jy die Kersfees klokke hoor, probeer om die simboliek te sien ... dat as die verlore skape deur die klank van die klokke gevind word, die Kersfees-tyding die mensdom na die stal behoort te bring. Die klok simboliseer leiding en terugkeer na God.
 
Alles dra by tot die wonder van Kersfees, wat ons in verwondering laat.
 
Geseënde Kersfees,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...