Hoop in verwondering

Teks: Jesaja 11:1-10
 
Rev. Lim Kim Hock skryf dat baie mense vandag vra: "Hoe kan ons Kersfees in so 'n tyd soos hierdie vier? Daar is oral probleme: oorloë, siekte, honger, diskriminasie, vooroordele, onreg, ens. Waar is God? Is Hy goed? Hoekom kan Hy nie ontslae raak van al die probleme nie? Hoekom is kanker en vigs so algemeen? Mense sterf oral. Wag Hy vir almal om te sterf voordat Hy iets doen?”
 
Terwyl ons al hierdie vrae vra, weet ons eintlik diep in ons harte, dat God omgee. Hy het nie 'n gebrek aan krag of vermoë nie, maar tog is daar redes bo ons begrip, oor hoekom al hierdie probleme steeds bestaan en hoekom daar nog soveel swaar en seer is. Kersfees, en die betekenis daarvan is God se antwoord op al daardie knaende twyfel en gedagtes wat ons teister.
 
In Kersfees bring God vir ons 'n boodskap van Hoop. God sal al die uitdagings en probleme oplos, maar op Sy eie tyd en manier. God se weg bestaan uit 'n belofte –

1. 'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra.
2. Die Gees van die Here sal op hom rus:

die Gees wat wysheid en insig gee,
die Gees wat raad en sterkte gee,
die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here.

3. Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here.

   (Jesaja 11:1-3)

Kersfees is 'n tyd wat ons, onsself herinner aan die hoop wat ons in Christus Jesus het. Kersfees is ons hoop en verwondering dat iets goeds kan kom, uit omstandighede wat so hopeloos lyk.
 
Geseënde Advent
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...