In pas oppad na Bethlehem


Teks: Matteus 1-2 & Lukas 1:1-2:24
  
Ons lees in die Evangelies van Matteus en Lukas, van verskillende mense wat op hulle eie pas oppad was na Betlehem. Die wyse manne het die stêr geduldig gevolg. Die skaapwagters het die boodskap van die Engele gehoor, en dadelik na Betlehem gereis. Selfs Josef en Maria se pad na die stal waar hul seun gebore sou word, was op hul eie unieke pas.
 
Tog weet ons, elkeen wat na die stal gegaan het om hulde aan die Kind te bring, was in pas met God. Diegene wat hulle eie pas gevolg het, soos Herodus natuurlik, was te laat en het God se wonderwerk gemis.
 
Ons is oppad na 2023 se Kersfees. Ons Here Jesus Christus is as kind vir jou gebore. God se hemelkore roep jou op om na die stal te gaan, om hulde te bring, in pas met Hom.
 
Ek wil jou uitnooi – kom loof, prys en dank Hom en aanvaar Sy vrede. Sien jou by die Kerssangdiens.
 
Geseënde week.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...