In God se diens.

 
Teks: Handelinge 8:30
Filippus het daarheen gehardloop en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra toe vir hom: “Verstaan u wat u lees?”
 
Verstaan ons altyd wat ons in God se Woord lees? Verstaan ons wat dit beteken om in die Almagtige God se diens te staan?
 
Die gedeelte in Handelinge 8 vertel hoe die Heilige Gees Filippus lei om met ‘n Etiopiër te gaan gesels oor Jesus. Filippus is gevul met God se Gees; toegerus met die gawes wat God aan hom gegee het; hy word gelei deur God se Woord; en daarom gaan deel Hy God se verlossing in Jesus Christus se Naam.
 
As kerk en gemeente van Christus is ons toegerus om God se verlossing te verkondig en Sy Koninkryk te bou. Paulus beskryf ons as deel van Christus se liggaam – elkeen met 'n funksie en doel – om God se Woord, leiding, liefde en genade te deel. Dit alles, nie uit ons vermoë nie, maar onder leiding van God se Heilige Gees.
 
As gelowiges en Kerk is ons burgers van die hemel, woonagtig in die wêreld, in diens van God. Ons is God se ambassadeurs, toegerus om te leef in ooreenstemming met God se riglyne en vergifnis.
 
Gebed:
Dankie vir U Kerk Here. Dankie vir ons gemeente as geestelike tuiste. Dankie dat ons as wêreld reisigers in U diens kan wees. Amen

Geseënde Week
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...