'n Permanente stad.
Teks: Hebreërs 13:14; Openbaring 21:10-27
God se mense het nog altyd as vreemdelinge in hierdie wêreld geleef. So getuig die lied ook dan “ek sien ‘n nuwe hemel kom, ‘n aarde nuut en vry”, want as kinders van God sien ons met hoop uit na die koms van ons Here.
Die nuwe stad van God word ‘n hele paar keer in die Bybel genoem. Veral in die boek Openbaring waar die skrywer verwys na die Kerk in hierdie verband. Wanneer God se getroue gelowiges finaal met Hom verenig word, sal die stad ‘n gemeenskap wees van doelgerigtheid, lewe en dade waar elke kind van God permanente versekering sal ervaar.
Elkeen van ons word genooi om te kom in-skakel en deel te wees van hierdie belofte en hoopvolle toekoms. Ek sien uit om jou daar te sien.
Geseënde week,
Andrè
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|