IN 'n funksionerende liggaam.


Teks: 1 Korintiërs 12:12-31; Efesiërs 1:22-23, 4:15-16
 
Die beeld van die Kerk as ‘n liggaam met Christus as die hoof, beklemtoon die kerk as ‘n lewende organisme. Elke liggaamsdeel is in-geskakel met die volgende. Elkeen vervul sy rol en funksie tot voordeel van die hele liggaam.
 
Die kerk as ‘n liggaam staan op ‘n manier in teenstelling met die wêreld se siening dat die kerk ‘n organisasie of instelling is. In organisasies werk die lede tot voordeel van die instelling, maar as liggaam bestaan die kerk tot voordeel van sy lede tot eer van God.
 
Elkeen word geroep om deel van Christus se liggaam te wees. Daarom bid en sing ons:
Neem my hande maak hul sterk, diensbaar vir U goeie werk.
Neem my voete skoei hul Heer, met bereidheid tot U eer. Amen.
 
Soli Deo Gloria,
Andre

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...