" Faith Hall of Fame"

 

Teks: Hebreërs 11:13 – Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig.
 
Ons kyk na die geloof van die geloofshelde in die Bybel. Hulle het onwrikbare vertroue en deursettingsvermoë gehad om naby aan God te bly. God se teenwoordigheid en seën was werklik deel van hulle lewe.
 
Hebreërs 11 gee vir ons ‘n lys van hierdie geloofshelde. Die gedeelte belig ‘n ander perspektief op hierdie mense se geloof.

Abel se offer was aanvaar net om eindelik vermoor te word deur sy broer Kain. Henog is weggeneem. Noag was gehoorsaam, maar is deur sy gemeenskap verwerp daarvoor. Abraham het vasgehou aan God se belofte van ‘n beloofde land, maar was tot sy laaste asem ‘n vreemdeling in vreemde lande met vreemde gebruike.
 
Ten spyte daarvan dat hulle soms nie die vervulling van God se beloftes gesien het nie, was hulle steeds gehoorsaam aan God. Daarom, verduidelik Hebreërs 11:16, is God nie skaam om hulle God genoem te word nie.

Ons het met hartseer verneem van die afsterwe van Ansie Earle op Saterdag 17 Julie 2023. Ons bid vir haar kinders Rhett, Wayne, Gene-George en vir Steve in hierdie hartseer tyd. Ons dank die Here vir haar geloof wat sy oral uitgeleef het, en vir die verskil wat sy in ons Gemeente gemaak het. Haar plek gaan leeg wees.
 
Seënwense,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...