'Affinering'


Teks: Maleagi 3:2-4, Psalm 66:10-12
 
Wanneer goud uit die aarde ontgin word, lyk dit nie soos die goud wat ons in die juweliers- winkel vind nie. Dit is baie keer onherkenbaar vanweë die onsuiwerhede wat die ware prag verdoesel.

Die 'affinering' van metale, soos goud en silwer, is ‘n warm proses. Hitte word toegepas om die onsuiwerhede na die oppervlak te dryf. Soos die vuilheid na bo kom word dit verwyder. Die proses word herhaal tot die goud of silwer suiwer is. Die goudsmit weet die goud is suiwer wanneer hy sy eie refleksie in die goud kan sien.
 
God se Woord sê dat Hy ‘n soortgelyke proses gebruik in ons lewens. Elkeen van ons sal eerste wees om te erken dat ons nie perfek is nie, maar gevul is met onsuiwerhede. So is ons lewens ook gevul met uitdagings, gebeure en besluite wat ons ongemaklik laat. God gebruik die hitte van ons lewensomstandighede as proses om ons lewens te suiwer. Dit is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie, maar ‘n herhalende proses tot God se beeld in ons duidelik word.
 

Geseënde week.
Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...