Waarom bid ons?

Teks:  Jakobus 5:16; Hebreërs 10:19
  
Gebed is deel van ons geloof. Om in gebed te verkeer is ‘n kenmerk van ‘n Christen se lewe. Tog moet ons nie net bid omdat dit verwag word nie.
Ons moet in opregtheid en afhanklikheid bid. Ons moet bid met vertroue en intelligensie. Ons moet bid met begrip en kennis, veral oor die krag van gebed in die uitwerking van sake.
 
David Bryant sluit hierby aan in sy boek Converts of Prayer waarin hy verduidelik dat ‘n groot en gesonde gebedsbeweging geestelike groei in die kerk en wêreld tot gevolg kan hê.  Die vroeë kerk het geglo in gesamentlike gebed vir verskeie redes. Dit word bevestig deur die woord van Jakobus, waarin hy tereg sê: die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag
 
Jou gebede is belangrik. Daar is niemand wat met groter vrymoedigheid in gebed tot God se troon kan nader as jy nie. In Jesus Christus het ons toegang verkry tot die Allerheiligste (Hebreërs 10:19) en kan ons tot God nader as Sy kinders.
 
Gebed: 

Here, U ken my, U sien dwarsdeur my, Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,
U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.
Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.
Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.
U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.
Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. (Ps 139:1-6)
Amen.
 
Geseënde week.
Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...