Jesus weet wie Hy is


TEKS:  Lukas 22:66-71
 
As kind sê Jesus aan Sy ouers dat Hy tuis is in die huis van Sy Vader. Aan die begin van Sy bediening word Sy wesensidentiteit bevestig met Sy doop. In Getsemane in Sy uur van nood roep Hy God aan as Vader in gebed.

Steeds bly Hy getrou aan God se wil. Wanneer Hy voor die Sanhedrin (Joodse Raad) staan – hulle wat nie in Hom glo nie – vra hulle die vraag: “Is jy die Seun van God?”

Jesus gebruik hulle eie woorde om self te erken “Dit is soos julle sê”.

Jesus weet en sê self dat Hy die Seun van God is. Daarom word Hy weggelei om gekruisig te word.
 
Ons Here ken seer, pyn en lyding. IN geloof weet jy Hy ken jou lewe en hart.

Gebed :
Heer, my Heer, U ken my hart.
U weet waar ek loop, waar ek struikel, waar ek val.
Ek vra U nou, verander my, bou my karakter.
Verwyder alles wat keer dat u doel met my bereik word.
Skyn u lig oor my en bevry my van ydelheid,
van trots, van verwaandheid.
Bevry my van vrees en onsekerheid.
Reinig my, Heer, en vul my opnuut,
want net in U is ek sterk.
In gehoorsaamheid aan U kan ek rus vind.
Wanneer ek beproef word,
leer my om geduldig te wees.
Vul my met u Gees.
Gee my ’n onbreekbare vertroue
in u allesoorheersende liefde.
Ek bid dit in die Naam van Jesus.
Amen.
prayer for anxiety.com
(Afrikaanse verwerking: Tessa Oppermann)
 


 Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...