Die Hemele weet wie Jesus is.

Teks: Hebreërs 1
 
Die Bybel leer ons dat Jesus die Seun is, en dat God die Vader is Maar wanneer dit gaan om Jesus se wesensidentifikasie, beskryf die Woord Hom as die Seun van God. Dit sien ons in die wydste spektrum van getuies. God kondig Jesus aan as Sy geliefde Seun. Mense getuig dat Jesus die Messias is, die Seun van God. Selfs die engele en bose erken Hom as die Seun van God.
 
Met Jesus se doop daal God die Gees op Hom neer as ‘n duif, en kondig God die Vader Jesus aan as Sy geliefde Seun wat Hom verheug. In Hebreërs 1 lees ons hoe groot, heerlik en hoog Jesus Christus is – selfs bo die engele wat geskape is om die Seun van God te dien. So verskyn die engel Gabriël aan Elisabet en Maria; en die engele koor aan die herders om te getuig van Sy wese en aard
 
God die Vader gee erkenning dat Jesus die Seun van God is. Die engele en hemele weet en getuig (Psalm 119) dat Hy die Seun van God is. Hy het, nie met goud en silwer nie, maar met Sy kosbare bloed ons losprys betaal en ons kom verlos van die sonde. Hoe kan ons dan, as gelowiges, twyfel in Sy wese en mag?
 
Gebed:  Here, ek kyk vandag op. Ek aanvaar U hoop vir my Ek hou vas aan U hulp. U is my Redder en enigste Troos. Amen.
 
 Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...