Vroue weet wie Jesus is.


Teks: Johannes 11:17-27
 
Ons weet dat die Bybel geskryf is in ‘n patriargale tydperk Dit het tot gevolg dat vroue nie baie aansien of openbare eer ontvang het nie. Daarom moes hulle getrou die tradisie volg om nie hul gesinne in die skande te steek nie - dit sluit in hulle getroue en ware getuienis.
 
In ons teks, en verskeie ander dele in die Evangelie, klink vroue se getuienis duidelik en helder. Wanneer Jesus vier dae na die dood van Lasarus na Betanië gaan, het Maria in die huis bly sit en treur, terwyl Marta Hom tegemoet gegaan het. Binne hul lyding en hartseer, was Maria se droefheid groter as haar geloof, terwyl Marta se geloof groter was as haar droefheid.  Marta sê: “Here as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie”; en wanneer Jesus te kenne gee dat Hy Lasarus gaan opwek sê sy: “Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God”.
 
In die Bybel is dit duidelik dat vroue ‘n kardinale rol in God se Koninkryk speel. Marta en menigte ander vroue se geloof is opgeteken om elke vrou vandag te herinner: God ken jou, God kies jou, God gebruik jou.
 

Mammas het ore wat luister,
arms wat vashou en
liefde wat nooit eindig nie.
Gelukkige Moedersdag

Gebed:
Hemelse Vader, Dankie vir elke dogter, vrou, moeder en ouma. Ons vier U liefde, trou en voorsiening. Ons bid dat U vroue oral op aarde sal seën soos hul saam U stap. Bring U genade, liefde en wysheid in elke vrou se lewe deur U Woord en Gees. Amen.
 
Seënwense,
 Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...