Liefde en Lyding.

 Ons almal weet dat Lydenstyd (die 40 dae voor Paasfees), ‘n tyd is om dinge anders te doen. Op Aswoensdag dra ons as op ons voorkoppe; ons gee sjokolade of koffie op; of laat sekere voorregte vaar. Alles om ‘n openbare stelling van opoffering te maak om ons as 'n Christen te merk wat die lydende aard van Christus verstaan.
 
Die liefde van Christus spreek deur die lyding wat Hy namens ons verduur het. Die liefde van God is sigbaar deur Sy Seun se kruisdood om ons met Hom te versoen. Alhoewel die vroeë kerk nie lydenstyd gevier het nie, was God se liefde teenwoordig in hulle lewens deur Sy Gees wat hulle daagliks gelei het.
 
Die liefde wat Jesus vir ons kom leer het, stem min ooreen met die liefdes-liedjies en hartjie-emoji's van vandag. Jesus se onbaatsugtige liefde het die wêreld verander tot in ewigheid...vir elkeen wat glo. Jesus het ons beveel om ons vyande lief te hê, vrygewig te wees en met integriteit en geregtigheid te leef. Hy het Christene geroep om na die koue- en stukkende plekke van ons wêreld te gaan – nie net om die goeie nuus te verkondig nie – maar om die goeie nuus van God se liefde in aksie te wees.
 
Mag jy Sy Liefde in hierdie Lydenstyd gaan leef.
Sien jou Sondag by Huiskerk, waar ons oor hoop gaan gesels.

Seënwense,
Andrè

 

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...