In die Begin.


Teks: Johannes 1:1-18
  
Die Evangelie van Johannes begin soos Genesis: In die begin. Die Evangelie is ‘n boodskap wat goeie nuus bring. Maar daar lê ‘n hele lang stuk geskiedenis tussen Genesis en Johannes. Die aarde het intussen ‘n harde wêreld geword waarin en -deur die mens moet navigeer. Daar is oorlog en rampe. Daar is teenspoed en hartseer. Dis byna asof die donker teruggekom het.
 
Die goeie nuus wat Johannes bring, is dat die woord waarmee God in die begin geskep het, nie opgehou het om te werk nie. Maar daardie woord is nou die Woord wat mens geword het en tussen die mense – tussen ons – kom woon het. Dit is hierdie Woord wat die Lamp vir elke gelowige se voete is.

(gedeeltelike erkenning Prof JP Oberholzer)

 
Mag ek en jy die Woord naby hou om ons pad deur 2023 te navigeer.
 
Voorspoedige week.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...