In die Begin.

Teks: Genesis 1:1-13
 
In die begin staan die Daad van God sentraal. Genesis 1 sê: die Daad was dat God gespreek het. Hy het gesê en so het Hy geskep. Psalm 33:9: Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar. God se instruksie het die aarde bewoonbaar gemaak. Toe Hy klaar geskep het, was daar lig en ruimte, water en grond, tyd en diere, kos en lewe.
 
Die mens kon tuis wees in die wêreld. Die mens het alles wat ons nodig het om te lewe. Vanaf die begin van die heelal af, is die omgewing van die mens, die aarde, sy tuiste omdat God self daar was.
(gedagtes Prof JP Oberholzer)
 
In die begin het mense gedink dat Jesus vir hulle daardie tuiste sou kom herstel. Christus rig ons verstaan en wys ons – dat ons tuiskom waar God is. Daarom gee Hy Sy Gees aan ons.
 
SA Gemeente is ons geestelike tuiste, waar jy welkom is en tuiskom. In die middel van ons roeping staan God se stem en opdrag:
Wees lief vir mekaar. Vergeef ander soos Ek julle vergewe. Deel My Evangelie met elke huis en hart.
 
Geseënde week en sien uit om jou Sondag by die erediens te verwelkom- It's Always Cream Tea Time
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...