Verwagtende vreugde.

 

 Geloof moet altyd hoopvol en wagtend wees. Die Ou Testament verkondig dat die Here kom. Die Nuwe Testament maak dit duidelik dat Hy weer sal kom. Die opdrag daarna is aan elkeen wat glo – leef met verwagtende vreugde en hoop.
 
In Psalm 24 klink die vreugde en belangrikheid van die Koning se koms na sy volk en sy gemeente. Dit word ‘n lied wat uit eerbied en verlange gesing word, deur elkeen wat aan God behoort.
 
In Christus kom God na hierdie wêreld toe. Hy gee die boodskap dat hierdie vreugdelied bedoel is vir elke stad en mens wat Hom erken. Daarom die opdrag – neem hierdie boodskap na elke stad, gemeente, huis en hart.
 
Ons reis na Kersfees vra van ons om verwagtend, volhardend en vol vreugde te hoop en te sing van ons Redder wat kom. Hy kom om ons te verlos en te verenig met ons Koning.
  (met gedeeltelike erkenning aan Ds RL van der Westhuizen)
 
Geseënde Advent.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...