Kerswonder

Teks: Lukas 2:1-7
  
Die wonder van die komende Kersfees glinster regdeur die wêreld. Sitkamers, huise, strate en stede word opgemaak en opgetooi met kleure en liggies. Soms voel dit of al hierdie wonderlike tekens meer geword het as die werklike Wonder waarna ons uitsien.
 
Ds HT van der Linde skryf die volgende: Keiser Augustus het ‘n bevel uitgevaardig dat ‘n volkstelling in die hele ryk gehou moes word. Dit was deel van sy plan om een wêreldryk te skep, tot vergoding van die keiser. Daar was dus twee ryke werksaam: dié van die keiser en dié van God. Die Romeinse ryk van Augustus het uiteindelik ineengestort in bloed en rook en puin. Na hom was daar nog baie regeerders en agendas. Hulle het verrys, net om vir ewig vernietig te word. Maar die ryk van die Kindjie Jesus Christus sal bestaan tot in ewigheid. Steeds vergader die Here se kerk, week na week, jaar in en jaar uit.
 
Die geskiedenis is in God se Hand. Die Wonder van Kersfees is in God se Hand. Deur alles wat ons sien en hoor, regeer God. Niks kan ons Koning se ryk laat glip nie. Kersfees bevestig dat die ryk van Jesus Christus die Here gekom het, selfs vandag 20 eeue later, en tot in ewigheid.
 
Geseënde Advent.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...