God hanteer ons nie soos 'n warm patat nie.


Teks: Genesis 28:10-22

“Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het.”


Ons almal ervaar een of ander tyd op ons lewensreis teleurstellings. Dit wissel deurgaans van skynbaar klein nietighede tot sake wat ons diep tref en laat terugdeins. Byna geen teleurstelling is groter as wanneer liefde ons in die steek laat nie. Wanneer dit gebeur, verwys ons daarna dat iemand ons “gedrop” het soos ‘n warm patat.
 
God se liefde vir ons is anders. Hy “drop” ons nooit nie. Sy liefde is onverganklik (volgens Sy eie Woord) – dit kan nie ophou nie.

In ons gedeelte staar Jakob ‘n onseker toekoms in die gesig Daarom is hy verras oor die Here se belofte en bevestiging dat Hy hom nie in die steek sou laat nie, al het hy (wat Jakob was) nie God se goedheid verdien nie. Die Here bly getrou en maak die deur na die toekoms vir Jakob oop.

Die God van Jakob is ook die Here van jou lewe. God se vaste belofte is ook vir ons bedoel. Sy liefde het gekies om vir my en jou aan die kruis te wees. Daarom kan jy weet – Hy raak nie moeg om jou lief te hê nie – Hy sal jou nooit soos ‘n warm patat hanteer nie.

(gedeeltelike erkenning aan Dr A Nel)

Geseënde week.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...