Dink, doen, herhaal.

 
September is die maand waarin baie mense dink oor die res van die jaar wat voorlê, en alles wat gedoen moet word. Voor ons, ons oë uitvee is die jaar ‘n gedane saak en rig ons, ons gedagtes op die dinge wat kom.
Baie geluk sê aan al die kinders, studente en ouers wat oor die somer hulle uitslae gekry het! Baie sterkte aan elkeen van julle vir die nuwe jaar se avonture, uitdagings en geleenthede.
 
Die Bybel maak dit duidelik dat ons denke, ons harte en ons dade onlosmaaklik verbind is. Wat ons dink beïnvloed ons hart, wat dan weer uitvloei in ons dade. In Matteus 15 waarsku Jesus ons om te waak waaroor ons dink en waarmee ons gevolglik in ons harte omgaan. Om verantwoordelikheid te neem vir ons gedagtes, moet ons, ons denke vernuwe en skoonmaak:
 

... alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. (Filippense 4:8)

 
Mag ons Christen lewens dit net so doen.
 
Seënwense,
André
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...