Bid, Spit en Beskik

 

'Party mense BID,
Party mense SPIT.
God is die een wat BESKIK.'
Lettie Büchner

 
As mense is ons optrede(s) direk gekoppel aan ons oortuigings. As Christene is ons aksies ‘n getuienis van ons geloof. Gebed is deel hiervan – dit is ‘n integrale deel van ons verhouding met God. Dit is die manier wat Christus die dissipels geleer het om met God te kommunikeer. Dit is die wyse waarop ons vandag steeds met ons Vader verbind.

Moeder Teresa het gesê: "Prayer is not asking. Prayer is putting oneself in the hands of God, at His disposition, and listening to His voice in the depth of our hearts."
 
Geseënde week en mag jy jouself in God se hand plaas. Sien jou by die kerk.
André
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...