Om God se hart te vind.

 
Teks: Genesis 28:10-16
 
As God nie in tempels en geboue is nie, waar soek ons Hom? Waar kan ons Hom vind?
 
In Jakob se droom is daar Engele wat met ‘n leer op- en afklim. Dit is simbolies van die kontak tussen hemel en aarde. In die droom word hy verseker dat die Here hom nie in die steek sal laat nie. Jakob se droom word ‘n plek van ontmoeting tussen Jakob-die-bedrieër en God-die-getroue.
 
Ons hoef God nie vêr te gaan soek nie. Hy wys Sy hart vir ons op vreemde en spesiale plekke; soms waar ons dit nie verwag nie. God openbaar Hom aan Moses in ‘n brandende bos; aan Josef in slawerny; aan Jona in die vis; aan Maria deur ‘n boodskap. Hy openbaar Sy hart van liefde en vergifnis aan ons in ‘n krip en aan ‘n kruis.
 
Jesus leer ons dat God se hart plek het vir die uitgeworpenes, die wese, die vergete en selfs sondaars. Jy sal Hom in jou krisisse, hartseer en vreugde vind. Jesus is Immanuel. Hy het Sy Gees gegee om jou te vul en te lei op God se weë.
 
Geseënde week.
André
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...