Klip en Vleis


Teks: Handelinge 17:24

 Berge is klipformasies wat tot in die hemelruim troon, en terselfdertyd getuig van ‘n selfs groter voet-anker wat onsigbaar is vir die menslik oog. Klippe is die fondament van hierdie aarde.

Mense beskryf klippe met woorde soos koud, swaar, oud, hard, solied, ondeurdringbaar, leweloos, gevoelloos en dood, alhoewel ons elkeen dadelik sal erken dat klippe en stene baie nuttig is en kan wees. Die kastele van ouds was gebou uit klip vanweë die genoemde eienskappe; geboue en huise vandag word steeds gebou met stene vir dieselfde rede(s).
 
Soms dink mense God lewe in klip geboue. Die Israeliete het geglo dat God in die ark in die tempel woon, tog sê Handelinge 17:24 – “God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.”. In die tyd van Esegiël word die tempel vernietig en gebruik God die geleentheid om deur die profeet Esegiël die mense te herinner dat Hy in die vlees leef.
 
In Johannes lees ons dat God self vlees geword het deur Sy Seun Jesus Christus. Hy het ook Sy Gees aan Sy kinders gegee om hulle in hul vleeslike bestaan by te staan. Hy is werklik Immanuel – God met ons.
 
Geseënde week en sien uit om jou by die erediens te ontmoet om God te loof: 
André

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...