Hemelvaart.


Teks: Handelinge 1:1-14
 
In die tyd van Jesus het dissipelskap beteken dat ‘n dissipel die leer van sy leermeester sou verkondig. Die leer van Jesus is duidelik anders. Dit word spoedig duidelik dat Jesus se dissipelskap nie sonder komplikasies sou wees nie. Hy moes sterf en opstaan uit die dood om die waarheid van Sy verkondiging te bevestig; en dan laat Hy Sy dissipels agter met ‘n groot opdrag waarvoor Hy hulle eers moet toerus.
 
Vandag kan ons in retrospeksie na die gebeure kyk en weet – God is hier met ons. Jesus het opgevaar na die hemel om vandaar Sy heerskappy te voer. Hy stuur en gee Sy Gees om hier by ons te wees. Ons word ook só verander om gestuurde getuies te word van God se liefde in Christus aan hierdie wêreld.

 (met gedeeltelike erkenning Ds BC Oberholzer)

 
Gebed: 

Ek kyk op na die hemel, want dis vanwaar my hulp kom.
Oor elke wonderwerk staan ek heeltemal verstom.
Heer, sonder dat ek vra, het U Seun vir my kom sterf.
Sonder dat ek vra, word ek deur U liefde bederf.
Met 'n lang, pynlike lyding het Jesus vir my skuld kom betaal.
Maar God het Hom nie vergeet en Hom weer kom haal en soos belowe het hy
opgevaar na die Vader.
Op my knieë, in aanbidding, mag ek ook nou tot Hom nader.
'n Lewende God, wat na ons klagtes luister het ons uitgesoek, Hy dra ons uit, al
voel ons gedryf in 'n hoek.
Dankie Heer, dat ek openlik tot U mag bid.
Dankie Heer, vir 'n dag wat U vir ons kom bewys dat Jesus wel aan U
regterhand sit.
Dankie dat ons dit nog steeds mag herdenk.
In ons harte het U woning kom maak sodat ons enige tyd en enige plek kan voel
hoe U ons aanraak.
Heer, danksy Hemelvaart is ons meer as gered.
Danksy die feit dat Jesus opgevaar het staan ons nie meer onder die wet.
U ken ons swakhede, ons behoeftes en ook ons persoonlikhede.
Dankie Heer, dat U die Drie-eenheid is wat my lewe in U hand hou.. Amen.

                                                                                                                                          met erkenning: Sanet-Facebook: Onse Vader
 
 
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...