God is anders hier. 

 
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; [9] soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. (Jesaja 55:8-9)
 
God is daar. Hy was van altyd af daar. Hy sal ook altyd daar wees. Hy is Heilig, heeltemal anders en apart van ons.Ons moet nie ons toegang tot Hom gering ag en as vanselfsprekend aanvaar nie.
 
Die voorbeeld van Jesus het aan ons kom wys, wat God sal doen om ons weer in 'n regte verhouding met Hom te kry. Die dissipels en volgelinge van Jesus het na Hom gestroom, terwyl hy geleer en genees het, en hul kon nie naby genoeg aan Hom kom nie. Wanneer mense naby Jesus was, het hulle veilig en rustig gevoel. Hulle het geweet dat Hy vir hulle sou sorg.
 
Dit was die dood en opstanding van Jesus wat dit vir ons moontlik gemaak het, om die Vader met dieselfde vertroue te nader. Die gordyn in die tempel, die gordyn wat almal behalwe die hoëpriester uit God se onmiddellike omgewing gehou het,het in twee geskeur toe Jesus gesterf het, en dit het die begin van 'n heel nuwe manier om met God te kommunikeer en verbind aangedui.
 
God is nie meer net daar nie, maar ook hier in jou lewe teenwoordig.
 
Kom kuier gerus saam met Hom en Sy Kerk hierdie Sondag.
 
Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...