Paas gebed.

Toe alles donker was
en dit het gelyk of die son nooit weer sou skyn nie,
het jou liefde deurgebreek.
 
Jou liefde was te sterk,
te wyd,
te diep
vir die dood om vas te hou.
 
Die vonke verskaf deur jou liefde
dans en versprei
en bars uit
met opstandings lig.
 
Genadige God,
Ons loof U vir die lig van nuwe lewe
moontlik gemaak deur Jesus.
Ons loof U vir die lig van nuwe lewe
wat op die eerste getuies van die opstanding geskyn het.
Ons loof U vir die lig van nuwe lewe
wat vandag steeds in ons harte skyn.
 
Ons bid dat die Paas lig van lewe, hoop en vreugde,
elke dag in ons sal lewe;
en dat ons draers van daardie lig sal wees
na en in die lewens van ander.
Amen.

Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...