In die Naam van...


Drie weke gelede het ons in ongeloof toegekyk hoe Rusland die Ukraïne inval. Met durf en daad het die mense van daardie land die reuse aanslag teengestaan. Vandag is daardie oorlog steeds besig en mense se lewens is onherroeplik aangetas.
 
God se Woord deel aan ons verskeie verhale waar gelowiges se lewens onherroeplik verander het. Dawid en Goliat is seker een van die bekendste verhale wat ons herinner aan die krag wat ons vind deur God se Naam aan te roep. Daarom wil ek jou vra om vandag saam ons Here se Kerk te bid:
 
Liefdevolle God, U Seun Jesus Christus, het oor Jerusalem gehuil.
Vandag huil ons oor die Ukraïne.
Ons huil oor diegene wat uit hul huise en lewens ontwortel is.
Ons huil oor diegene wat in kelders wegkruip.
Ons huil vir diegene wat dood en vernietiging op hul strate aanskou het.
Ons huil vir diegene wat geskei is van ouers, kinders, gades, broers en susters.
Ons is verstom oor die deursettingsvermoë van mense wat behoeftiges wil troos, en daarom bid ons vir owerhede wat grense oopmaak sodat Ukraïners veilige deurgang kan hê.
Ons bid vir kerke en individue wat kos, klere en skuiling verskaf.
Ons bid vir mediese werkers om te verseker dat stukkende liggame weer aanmekaargesit word.
Ons bid vir gewone Russe wat hul afkeuring van die militêre optrede in die Ukraïne demonstreer en uitspreek.
Mag die Heilige Gees ons die wilskrag gee om ook ons trane in aksie te verander.
Mag ons deur ons woorde, gebede en voorbeeld die dinge nastreef wat sorg vir 'n regverdige vrede in die wêreld vandag en veral in die Ukraïne.
In die naam van Jesus Christus, bid ons dit.

Amen.
 
Seënwense,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...