Ons behoefte aan 'konneksie' met my lewensmaat.

 

Teks:  Efesiërs 5 en Kolossense 3:18-20
Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo. Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie.
 
Komende Maandag is Valentynsdag – ‘n oomblik om te dink oor ons liefdesverhoudings. ‘n Verhouding gaan oor konneksie. Wanneer ons verlief is, ervaar ons konneksie op verskeie vlakke – fisies, psigies, emosioneel en geestelik. Ons ervaar alles in oor-maat en intens en dit versterk ons gevoel van verbintenis.
 
Mettertyd neem die gevoel van verliefdheid af en begin ons “anders” na ons lewensmaat kyk. Ons begin sy/haar “foute” raaksien. Hy/sy het egter nie verander nie, maar sy/haar “ware kleure” kom duideliker na vore omdat my “verliefdheidsbeeld” begin vervaag. Ek begin anders kyk, minder tyd spandeer en gevolglik minder moeite doen om sy/haar steeds te sien vir wie hy/sy werklik is. Ons probeer dan op verskeie maniere om hierdie verandering te bestuur, maar soveel keer eindig dit op in ‘n onderhandeling, rusie, teleurstelling en ongelukkigheid, omdat ons beginpunt verwronge was.
 
Efesiërs 5 verduidelik aan ons die konsep van ‘n “bewuste verhouding”. God en Jesus is bewustelik verbind tot mekaar en tot die kerk en elke gelowige. So moet ons bewustelik verbind wees tot ons lewensmaat. Ons het mekaar nodig om te groei en te besluit om ‘n verhouding te hê waarin ons bewustelik na mekaar luister, omsien, tyd spandeer, aandag gee en nuuskierig bly. ‘n Bewuste verhouding lei ons terug na daardie plek van helder kleure waar ons na mekaar kyk in liefde en waardering.
 
Kyk bewustelik na jou lewensmaat deur God se oë. Sien hom/haar raak met dieselfde sagte oë waarmee jy op hom/haar verlief geraak het. Verbind weer jou gevoelens, tyd en lewe met hom/haar. Sien die uitdagings en verandering in beide van julle lewens en wees geduldig met mekaar op hierdie kosbare lewensreis saam.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...