Een Evangelie.

 
Daar is net een Evangelie wat die Blye Boodskap van Jesus Christus bring.  Vier verskillende persone beskryf die verhaal van die Verlosser van die wêreld met hul eie styl en perspektief.
 
Johannes gaan die verste terug in die Ou Testament en gebruik dieselfde woorde as by die Skeppingsverhaal in Genesis 1:1 -In die begin-, waar hy beskryf hoe die Woord vlees geword het. Met Sy koms en oorwinning oor die dood word ‘n nuwe wêreld en vooruitsig geskep – ‘n nuwe hemel en aarde – vir elke gelowige.
 
Lukas en Matteus beskryf die geslagsregister van Jesus terug tot by Adam en Abraham. Dit vertel onderskeidelik hoe die mens in sonde val, maar deur God se genade steeds in ‘n verbond staan met die Almagtige. Die koms van Jesus herbevestig dit – God se genade is vir elkeen van Sy kinders bedoel wat Hom in afhanklikheid gehoorsaam en dien.
 
Markus gaan terug na Jesaja en verwys na Johannes die Doper wat Jesus sou vooruitgaan. Met die koms van Jesus het Sy koninkryk deurgebreek in ‘n gebroke wêreld.
 
Die blye Boodskap van die Evangelie van Jesus Christus is steeds vir jou bedoel. Mag jy dit hoor en toepaslik aanvaar in jou omstandighede en lewe.
 
Geseënde Advent.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...