Gemeente smaak.

 

Teks: Lukas 1:35 – Die engel Gabriël sê aan Maria: Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek.
 
Lukas vertel dit so voorbeeldig terughoudend, dat ‘n mens nie met voorstellings moet kom om eiehandig die prentjie in te vul nie. Die engel bring net die boodskap van wat gaan gebeur. Die werking van die Heilige Gees is en bly verborge. Uiterlik kan ‘n mens dit nie waarneem nie.
(Dr PB Boshoff)
God verwek self Sy Seun deur die Gees. God verskaf die Redder van die wêreld, uit Maria. Van nou af is Hy nie meer anders te ken as God in Christus nie. Jesus is God se Woord aan ons.
 
Ons Verlosser is ‘n wonder van God. Die hemele getuig van Hom. Van heinde nè verre word lof aan Hom gebring. Mense sien; word aangeraak; loop; word genees; hoor; word heel.
 
Dank Hom vir die Wonder aan jou geskenk.
Sien jou by die Kerssangdiens.
 
Andrè
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...