Trapsoetjies perspektief.


Teks: Efesiërs 4:31-32

31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. 32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
 
‘n “Chameleon” is meer bekend as ‘n 'trapsoetjie' of ‘n 'verkleurmannetjie',  eenvoudig vanweë die feit dat hulle so stadig en saggies loop en die vermoë het om teen byna enige agtergrond te kan kamoefleer. Een van hulle fassinerende eienskappe is dat hulle oë op dieselfde tyd in verskillende rigtings kan kyk en sien.
 
As mense poog ons soms ook om in te pas by ons omgewing, maar ons gesigsveld is beperk en so ook ons perspektief. ‘n Nou perspektief kan ons meer gefokus maak, maar vergroot ook die kans vir misverstande omdat ons nie alles kan sien nie. Daarom is dit belangrik om nie aannames te maak oor ander mense, hulle omstandighede en besluite nie.
 
God sien gelukkig alles. Daarom roep Hy ons op om nie veroordelend te wees nie, maar om te verstaan, omdat Christus ons verstaan. Waar ons opnuut die wêreld inbeweeg, mag ons 'soetjies' trap met ons perspektief, woorde en dade.

(met gedeeltelike erkenning aan Heather Tietz)

Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...