'Life is about using the whole box of crayons'!

    -Ru Paul
 
Op skool het ek baie spaarsamig met my Faber-inkleur-potlode gewerk. Dit was ‘n duur stel van 24 verskillende kleure; en dit was ‘n Kersgeskenk van my ouers. Hoe versigtig ek ookal was, was dit onafwendbaar om sekere kleure meer te gebruik as ander. Met die gevolg sekere kleure was baie min gebruik.
 
Ons lewens is ook so. Ons is gemaklik om sekere aspekte uit te leef, met die gevolg dat van ons lewens-kleure basies nooit gebruik word nie. Dit is baie keer dan ook ironies, dat ons die sake wat die belangrikste vir ons is, wegsteek en nie gebruik nie vanweë vrees vir seerkry en verwerping.
 
Soms is dit ook so met ons geloof. Ons is spaarsamig om God se geskenk van liefde en vergifnis te deel. Ons gebruik ons “geloofs-kryte en kleure” gereserveerd omdat ons skrikkerig is vir “wat ander mense sal dink en sê. Daniël en sy vriende was gered omdat hulle hul geloofs-kleure gewys het sonder skaamte. Job was deur God ondersteun omdat hy sy geloofs-kryte geken en gebruik het. Dawid was nooit skaam om al sy kryte en kleure te gebruik om tot God te nader nie – van skuld-erkentenis en klaagliedere tot lofprysing en dank.
 
Geseënde week. Onthou jou God-gegewe kleur te gebruik. Sien jou komende Sondag by Huiskerk.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...