Die appel val nie ver van die boom af nie.


Komende Sondag is Vadersdag. Ek wil jou uitnooi om saam met ons hierdie wonderlike geleentheid te vier tydens ons Huiskerk op Sondag. Alhoewel dit nie ‘n geloofsdag is nie, leer die Bybel ons baie oor vaderskap.
 
Ons lees in Genesis hoe Adam se ongeloof en onvermoë om God se instruksies te aanvaar, oor gedra is na Kain. Jakob se bedrog om Esau se eersgebore reg te steel, is nagevolg deur sy seuns wat hulle Pa bedrieg het toe hulle Josef verkoop het as slaaf.

Aan die anderkant lees ons van Noag se geloof en gehoorsaamheid wat deur sy seuns nagevolg is, en daarom is hulle op die ark toegelaat. Selfs met ‘n seun soos Simson, wat baie foute gehad het, het Manoag se voorbeeld van gebed sy seun gelei tot gebed in sy laaste lewens oomblikke.

Jesus se nalatenskap is dit wat Sy Hemelse Vader vir Hom gegee het om na te laat, daarom bid Hy “laat U wil geskied”. Juis daarom is God ook nou jou en my Vader.
 
Wat sien mense en kinders by ons? Wat is dit wat jy aan jou kinders oordra? Watter nalatenskap en getuienis laat jy agter?
 
Sien jou Sondag.
Andrè
 

Gebed: 
Here, lei my op U weë.
Help my om so te leef dat ander U sal sien.
Vul my dat my kinders U sal ken.
In U Naam en tot U eer, laat U wil geskied.
Amen.




 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...