Hemelvaart.

Vandag is 39 dae sedert Jesus se opstanding uit die dood.  Vandag is die laaste dag waarop Sy dissipels Hom by hulle sou hê. Vandag het Jesus die opdrag  gegee aan elkeen wat glo. Vandag is die dag van Jesus Christus se Hemelvaart.


Op hierdie dag het Jesus opgevaar na die hemel. Hy het na die Vader gegaan om vir elkeen wat in Hom glo plek gereed te maak in ons hemelse Vader se woning. ‘n Belofte en vooruitsig waaraan ons kan vashou en verseker van wees.
 
Handelinge 1 beskryf hoe die dissipels stip na die hemel gekyk het; en hoe twee mans in wit klere bevestig het dat die Verlosser weer sal kom. Die evangelies beskryf hoe Jesus se volgelinge Hom aanbid het as die Seun van God en Sy opdrag aanvaar en opgeneem het.

Jesus se opdrag is aan elke gelowige gerig. Ek en jy is getaak om in die dissipels se voetspore te volg en God se liefde te leef. “Julle is getuies van hierdie dinge. En Ek sal die gawe wat My Vader beloof het, vir julle stuur”. Jesus se hemelvaart is ‘n hernuwing van elke gelowige se pad saam met die Here.
 
Kom luister gerus verder hierdie komende Sondag by Huiskerk.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...