Geloofsreis.

 
In 2 Petrus 1:1 stel Petrus homself voor as Simon Petrus, 'n Dienaar en 'n Apostel. Iemand wat geloof ontvang het. Iemand wat weet wie hy is – die rots wat God dien.
 
Die reis van “impulsiewe Simon” na “Petrus, die rots” was nie vining of eenvoudig nie. Ons lees in 2 Petrus 1:1-3 dat hierdie verandering aan Simon Petrus gegee is deur die goddelike krag van Jesus Christus, die Verlosser.  Dit was nie 'n eenmalige geskenk wat alles in 'n oogwink verander het nie. Dit was ‘n geskenk wat Petrus stuk-vir-stuk deur sy lewe ontvang en aanvaar het. Net soos ‘n rots, was sy geloofsvorming en -groei stadig en pynlik. Hy moes toelaat dat God hom laat groei van Simon tot Petrus.
 
Ons geloofsreis is ‘n geskenk van God. Ons deel aan Christus, is nie wat ons verdien nie, maar dít is wat God vir ons wil hê. Ons moet bereid wees om ons hand in God se hand te plaas; om gelei te word deur Hom; daagliks. Soos Simon gaan ons dit dalk nie aldag regkry nie. Soos Petrus kan ons weet dat God steeds daar is, en moet ons bereid wees om gevorm te word. 
 
Gebed: 
Here, Hoop van my lewe. Neem my hand en lei my Heer, daagliks op U weë, meer en meer.

Amen

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...