Die Hoop van 'n Moeder. 

 
In Genesis skep God die Eva, die vrou saam met Adam om te heers oor die skepping. Die opdrag aan hulle: 'Gaan bewerk en bewoon die aarde' het ons wêreld en lewens gevorm soos dit vandag is. Moeders is ‘n groot deel van die rede hoekom ons hier is, en hoekom ons is wie ons is.
 
Die rol van ‘n Moeder is kompleks. Dit lei ‘n kind vanaf algehele afhanklikheid na onafhanklike volwassenheid, alhoewel ‘n Ma steeds daardie baba in haar arms sien. Die oë van ‘n Moeder kyk anders, want dit sien die beste in elkeen van haar kinders te spyte van foute en tekortkominge. 'Die liefde van ‘n Moeder is soos die weduwee se kruik wat vol bly al sou sy dit gebruik' (Lucas Maree).
 
‘n Aanhaling wat ek onlangs op die internet raakgelees het sê: "God could not be everywhere, and therefore He made Mothers…Youth fades; love droops; the leaves of friendship fall; but a Mother's secret hope outlives them all." Dit laat 'n mens dink…’n Moeder se liefde is soos 1Korintiërs13 dit bekryf: Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
 
Gebed: 
Here, Dankie vir die vroue in ons lewe. Dankie vir my Moeder. Seën haar vrygewige gees. Bewaar haar liefdevolle hart. Hou haar naby aan U ten alle tye. Skenk aan elke vrou in my lewe U vrede.
Amen.

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...