40 Dae se Lydenstyd van Hoop. 

  
2021 se Lydenstyd is van 17 Februarie tot 3 April. Tradisioneel is Lydenstyd ‘n vastydperk – 'n tyd waarin die Christelike gemeenskap vir Paasfees voorberei, deur van 'n paar luukshede afstand te doen (te vas) en ruimte te maak om meer op Jesus te fokus.
 
As kerk, gemeente en liggaam van Christus wil ons dieselfde doen. Ek wil jou aanmoedig om vir die volgende 40 dae opnuut afstand te doen van jou tyd, en daardie tyd te skenk aan God in gebed. Vas vir 40 dae van jou 'eie-ek' behoeftes, gebruik dit om tot God te nader, Hom beter te leer ken en te hoor. Gebruik die tyd om jou verhouding met Hom te verdiep. Wend die geleentheid aan om as gesin saam God te reis. Sien die grendelgreep as ‘n geleentheid om die tyd te gebruik om seën oor jou plaaslike gemeenskap te bid, veral soos jy rondstap en beweeg.
 
As jy voel dat God spesifieke dinge op jou hart druk en jy foto's of kort video's wil deel uit jou gebed, wil ek jou aanmoedig om dit aan My of Helena te stuur.
 
Sien jou Sondag by Huiskerk, waar ons oor Hoop gaan gesels.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...