Die Ster.

 Vanaand sal die sogenaamde Kersfees-ster, of Christus-ster vir die eerste keer in 800 jaar te siene wees. Net na sonsondergang sal Jupiter en Saturnus in lyn wees, tot so ‘n mate dat ons, op aarde, dit as een groot helder ster, of dubbel-planeet sal sien. Die vorige keer wat dit gebeur het was in 1226 en die volgende keer wat dit gedeeltelik sal gebeur is eers weer in 2080.

 
Matteus 2 vertel van die geleerdes se besoek uit die ooste (Persië) om die kindjie te besoek. Hulle het ‘n ster gevolg wat hul tot in Betlehem gelei het, om aan hierdie nuwe Koning hulde te bring. Christus die Messias het gekom na die gewone mense in Betlehem en Hy word erken van heinde-en-verre deur elkeen wat Sy Lig sien, erken en volg.
 
Gaan kyk vanaand op na die hemel; gaan volg Sy Lig; en sien waar jou hulp vandaan kom.
 
Sien jou Donderdag.
Geseënde week!
Andre

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...