God se goedheid.

 
Wanneer ‘n mens in groot moeilikheid verkeer, sal jy baie moeite doen om daaruit te kom. Wat sal ‘n volwassene nie doen om uit ‘n finansiële verknorsing te kom nie; wat sal ons nie doen om in die regte verhouding teenoor die belastinggaarder te bly nie; wat sal ‘n onvoorbereide kind nie doen om hul eksamen deur te kom nie…? Watter planne sal jy nie in sulke tye beraam nie? Wat het jy al in soortgelyke moeilike omstandighede in jou lewe gedoen?
 
In 1838 was daar ‘n groep benoude Trekkers wat in hul uur van nood na God geroep en hul afhanklikheid bely deur ‘n gelofte af te lê. God was hulle enigste toevlug en deur hulle gelofte het hulle hulself in Sy hand geplaas. God het hulle gebed verhoor en tot hulle redding gekom.

Wie van ons kan nie anders as om met die gesindheid van dankbaarheid te dink oor God se goedheid nie? Hoeveel keer kan ons nie ook van God se getrouheid, leiding en beskerming getuig nie? Die Skrywer van Psalm 51 weet dat God kan verlos en daarom vra hy (vers 14): "Laat my weer die boodskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien."
 
Wees reg en voorbereid om met dankbaarheid vir God se voorsiening en goedheid by Betlehem se stal aan te kom, want in die stad van Dawid is gebore vir jou ‘n Verlosser, Christus die Here.

(gedeeltelike erkenning aan Ds MS Jansen van Vuurren)

 
Geseënde week,
Andre

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...